

Die Piesangskille sê "Die album is nie gemaak vir die fans nie. Ons het die album gemaak vir ons self. Dis ons kuns. Ons het iets gemaak waarvan ons hou. Ons het geweier dat dit klink soos enige iets daar buite. Elke song is iets anders en op die einde van die dag hoop ons maar net dat hulle dit kan waardeer soos ons doen. Hierdie is 'n album van ons, aan hulle, dis 'n ontdekkingsreis. Ons wil die mense 'n kans gee om alles self te gaan luister om te besluit waarvan hulle hou.” “Om Jonk Te Wees” (Intro) Daniël het vir Apple Music verduidelik hoekom die eerste snit 'n “Spoken Word” is: "Ons het daai song opgeneem meer as 'n jaar terug, daai gedig. Dit het vir vir my gevoel dat ons as jong mense so vasgevang is op ons fone en wat op sosiale media aangaan, ons vergeet partykeer net om jonk te wees en in die oomblik te lewe. Dis iets waarin ons glo, en ek dink daar is baie mense wat gaan kan relate.” “Diepseeduiker 17” Johan: “Dit gaan daaroor dat opposites attract. Jy is 'n ou wat Whiskey drink 'on-the-rocks' en sy's die girl wat high-heels dra. Sy is 'n sterrekyker en jy 'n diepseeduiker. Alles is maar net verkeerd, want opposites attract net maar dit gaan nooit werk nie Verkeerde tyd, verkeerde plek.” En hulle sê ook die 17 is maar net daar. “Hallo Vriendin” Daniel: “Op 21 ontmoet jy baie meisies en partykeer wil jy eerder net vriende wees as om in 'n verhouding te wees. Jy sê eerder dan net hallo vriend.” “Converse” "Ons luister baie pop-punk” sê Daniël aan Apple Music en verduidelik verder “ons wou net 'n song maak wat werk en toe skryf ons maar net in daai gevoel in. Dit gaan eintlik glad nie oor die skoene nie maar oor die genre (Pop-Punk) van die musiek.” “Haar naam Was Somer” Daniël: “Almal skryf net oor een girl toe skryf ons in die song oor twee! Die vers en die chorus (koor) is oor twee verskillende meisies. Die vers gaan oor die girl wat jy weet dit nooit mee gaan werk nie, jy het dit probeer, dis verby, maar die chorus gaan oor hierdie girl wat jy altyd oor sal wonder. Tot op jou troudag sal jy wonder hoe sou jou lewe gelyk het as julle twee by mekaar gebly het. Dis twee meisies wat wel bestaan, en ons glo vas dat elke storie kry 'n song, daar moet 'n storie wees vóór daar 'n liedjie gebeur.” “sonia_sonskyn” “Sy bestaan ook” sê Daniël en Johan. “Sonja Sonskyn gaan eintlik oor een van ons beste vriende. Hy het verlief geraak op 'n girl. Hy was siek, toe skryf ons vir hom die liedjie oor sy crush, haar naam is Sonja en haar Instagram naam is presies soos op die album 'Sonja underscore Sonskyn'. Die hele liedjie gaan oor hulle verhouding.” “Planete” (feat. Johan Viljoen) Apple Music hoor by Daniël “Dit gaan oor my eks, tot 'n mate…" en hy sê Johan ken die storie en moet vertel, “Dis vir my die diepste song op die album. Dit gaan oor jy en 'n persoon wat nou in 'n verhouding is en dit werk nie uit nie. Dan gaan jy aan met jou lewe en dan vyf jaar later trou jy met iemand anders. Dertig jaar later kyk jy terug en dink, wat as die persoon vir my was en ek het aanbeweeg. Maar jy het nooit regtig aanbeweeg nie. Die tyd was net nie reg nie. Jy moes heeltyd sonder daai persoon lewe.” Daniël sê “dis daai persoon wat net gefade het uit jou lewe uit, sy was daar vir 'n seisoen maar nou is julle vreemdelinge vir mekaar.” “Hy Wonder (Albert van Tonder)” Daniël: “Die is 'n baie sad storie vir my. Albert van Tonder was my beste vriend. Elke tweede week het hy met verkeerde girls op koffie dates gegaan. Sy standaarde is altyd te hoog. Sy moet crossfit, sy moet kerk, sy moet swot want hy wil nie werk, sy moet gym, sy moet gin... hy vra so baie min.” “Geskiedenis (feat. Kaskanades) Johan: “Dit gaan maar net oor studente. Om jonk te wees. Jy wil nie uitmis op moontlike geskiedenis nie. So elke liewe aand moet jy party, moet jy iets doen anders kan jy uitmis op 'n great storie.” “Laaste Liefde” Daniël: “Dit gaan daaroor dat jy weier om weer oor daai persoon te skryf. Dis die laaste keer. Jy moet nou vrede maak met die feit dat dit verby is. Jy moet nou aanbeweeg, maar op 'n manier sal jy altyd terug dink aan haar, op elke koffie date sien jy haar, as 'n liedjie speel, dink jy aan haar…” “Realiteit” (feat. Lucinda) Daniël sê aan Apple Music hy en Johan het dit saam geskryf na hy en sy meisie baie vasgesit het “dit gaan oor die realiteit dat jy besef jy moet nou aanbeweeg.”