

Alternatiewe musiek in Afrikaans, met ‘n skeut Engels tussenin, op sy beste. As jy soek na iets anders, ‘n plek waar jy kan tuis voel tussen die rebelle van Afrikaanse musiek en waar ‘n ding gesê word soos hy is, musiek wat die ou en nuwe regering met ‘n sweep oor die gat klits en die kerktoring se klokke laat wieg, dan is hierdie jou plek. Pak af saam met Zoid, Fokofpolisiekar en alles reg en alternatief tussenin.