Dryf

Dryf

Spoegwolf se 10de album in 10 jaar is ‘n unieke mylpaal wat nie net getuig van hul uitsonderlike werk-etiek nie, maar dien ook as ‘n voorbeeld van hul konstante verfyning. Spoegwolf se vrystellings is meer vergelykbaar aan ‘n skone kunstenaar wat met elke stuk haar styl ontwikkel as ‘n popgroep wat giere volg. “Nou’s ons dertig jaar oud met ‘n huis en ‘n woud” lui die refrein op die 2de snit, "Woud". Van mikro- tot makrokosm, persoonlik tot epies, sag tot hard, Spoegwolf se beheer oor hul luisteraar se emosies is een van vele sterkpunte wat aanhangers koester. “Die songs is geskryf oor vrede, verligting en liefde” vertel Danie Du Toit (Hoofsanger) ook bekend as Reënwolf. Hy noem sy vrou en hul kind in utero (wie se hartklop jy kan hoor reg deur "Rigting") as inspirasie vir die lirieke op die album. ‘n Merkwaardige samewerking met Jodi Jantjies op "Erika Way" bring ‘n welkome vroulike skakering tot die intensiteit van Die Wolf. Dryf is ‘n weldeurdenkde mylpaal wat die beste van die groep se dekade lange loopbaan met selfvertroue ten toon stel.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada