Groen

Groen

Slegs ses maande na Spoegwolf se vorige album Wind, stel díe Boland vier-stuk hul 7de album Groen vry. Hulle het “besluit om in die studio agter te bly. Daar is nog soveel oor om te sê, en die amps is juis nou lekker warm”, skryf Danie Reënwolf wie se hartroerende lirieke die luisteraar omhels in ’n warm kombers van heimweë. Die album is ’n kragtoer. “Groen is 'n bymekaarkoms van harde musiek, harder tye en die hardste vriendskap.” Die snitte vloei soomloos in mekaar deur middel van lukrake klankgrepe om sodoende ’n ononderbroke luisterervaring te bied. Saam met die verandering in hulle omslag kuns is daar ook opwindende vernuwing in die klank van hierdie album. Die manne is los en moeiteloos en dit voel goed. Groen het “makliker gevloei as enige van die albums voor dit.” Volgens Danie is dit “Spoegwolf se beste album sovêr.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada