Wille Ding

Wille Ding

"Die album naam WILLE DING is geleen by die fliek Where The Wild Things Are," vertel Appel aan Apple Music. Dit gaan oor die inner-dier wat in ons almal skuil. As ‘n kind is jy die naaste aan ‘n wilde ding wat jy ooit in jou lewe gaan wees. As jy ouer word vorm die wêreld jou, en Appel voel dit moet anders om wees. Hy voel hy is deel van ‘n generasie wat nie werklik weet wie hulle is nie en die album vertel die storie. "Laat gaan net… wees net wie jy is en jy sal jou trop kry.” Om wild te wees beteken nie dis rebels nie, en Appel verduidelik dit so: “Dis tyd om jou eie besluite te maak. Jy kan nie as gevolg van jou ouers se uitkyk op die lewe, goed wat jou ongemaklik laat voel, jouself gemaklik in forseer nie. Ek is nie ‘n rebel nie maar bevraagteken goed. Ek vra baie vrae en mense wat blindelings volg het nie antwoorde nie.” “Foute” Appel lag en sê “Dis ‘n storie wat ek geskryf het oor ouens wat net wegbreek vir ‘n naweek, of aan die einde van die maand is dit mos tradisie vir ouens om net een doppie te gaan drink. Dit word dan twee en drie doppies, en naderhand is die vrou kwaad, daar is goeters wat opgelaai moes word vir die huis, en dis waar foute inkom. Een fout lei tot ‘n ander ding en dan is dit net een groot, groot fout”. Die snit beskryf hy as bietjie kwela, bietjie boeremusiek, ‘n reënboogklank, ‘n mengsel van al die style en kulture van musiek in Suid-Afrika. “Diana” Die country/pop-snit gaan oor die vryheid van gees. Appel vertel aan Apple Music, dat op sy reise deur die land hy dikwels dames ontmoet, "hulle is 30 jaar oud, nie getroud nie, het nie kinders nie, maar tog lewe hulle hulle lewens vol.” Hy noem verder dat hulle nie al die dinge nodig het nie "want hulle weet wie hulle is", toer die hele land en buurlande plat en gaan waarookal hulle wil wees "en is deur liefdesteleurstellings, wat ek dink hulle nog vryer gemaak het.” “Suikerbos” Die liedjie is een van Appel se persoonlike gunstelinge en hy sê "ek wou letterlik, seker die mees tradisionele Afrikaanse lied vat en dit Maskandi ('n tipe Zulu 'folk' musiek) maak.” Hy verwys ook na 'n amper ZZ-Top rock invloed wat in die koor gebruik word. “Cruiser” "Ek het 'n absolute passie vir 'overlanding' en ons toer baie met die Land Cruiser" vertel Appel aan Apple Music oor die inspirasie vir die country snit, en sê "dis 'n ongelooflike sterk sub-kultuur in ons land. Mense is versot en verlief op hulle Cruisers, hulle bou die goed op en hulle ry die wildste paaie met die voertuie.” “God se land” Appel sê die snit het 'n baie sterk Christelike aanslag. Hy sê "hierdie is God se land, dis Gelofteland, hand-teen-die-bors Suid-Afrikaanse trots, Belofteland. Ek voel die duiwel se grootste vrees is dat al die kulture saam staan, want die dag wanneer dit gebeur sal ons sien ons is nie soveel anders nie.” “Jozi” "Ek wou so graag 'n 80s fokus op die album hê en die naam Jozi het net vir my lekker gesing" het Appel met Apple Music gedeel oor die liedjie. "Dis 'n tipiese liefdeslied. Ek wou 'n sterk boodskap oordra oor 'n paartjie wat deur goed en sleg by mekaar staan.” “Ook maar net mens” Die snit gaan oor die werkende man vertel Appel "en vir die koorgedeelte het ek 'n deel van CJ Langenhoven aangepas oor waardes en waagmoed 'Gee my 'n man, wat sê wat waar is, as die duiwel daar is, wat doen wat reg is, as die regter weg is'. Dit gaan oor ons wat geneig is om in moeilike tye te vra waar is ons helde. En die antwoord is die helde is NOU, dis ONS!. Ons moet as jeug en middel-jeug tussen mekaar soek vir die helde.” “Kat is op die stoof” Apple Music hoor by Appel die Kaapse sê-ding beteken "die stoof se plate is koud, so die kat kan slaap op die stoof want daar is lanklaas kos gemaak. Met armoede en moeilike tye kan mense nog steeds dans en sien steeds die mooi goed in die lewe raak". Die koor deel gaan oor korrupsie en dat niemand aksie neem nie en dis "baie tong-in-die-kies politieke kommentaar.” “Wille Ding” "Dis seker die naaste wat ek gekom het aan internasionale Afrikaans" vertel Appel en sê "gebore as gebroke jeug en ons wil net 'n paar antwoorde hê, maar is dit te veel om te vra?". Hy sê dis "100% fun, en wees net jouself maar moenie dat mense jou laat voorgee wat jy nie is nie.” “Nora Vlok” [Appel & Die Heuwels Fantasties] Appel lag toe Apple Music vra wie is Nora Vlok in die akoestiese rock liedjie, en sê "dit is eintlik oor al die Tawwe Tinas daarbuite wat nie bang is om in 'n manne-wêreld te werk nie. Dis die vrouens wat die stange gryp wanneer dit moeilik raak en dan tande wys" en die L in die van is nogal belangrik... as mens tussen die lyne kan lees...

Music Videos

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada