Fiks Of Niks

Fiks Of Niks

Oefen is pret en fiks is die ding om te wees. Jou beste oefenmaat is musiek. Die klank in jou ore gee jou motivering vir nog so bietjie ekstra doen. Ritme in Afrikaans om jou hartklop vir die volgende stel reg te kry. Die speellys gaan jou laat spring en hop, trap en dans terwyl jy met van die liedjies gaan kan saamsing terwyl die sweet jou tap. Met ons top-oefenritmes gaan niks en niemand jou terughou nie. Positiewe energie van top- kunstenaars vir die fikser jy. Stof almal uit met die room van ons sangers en platejoggies se vinnige fiksmaak-treffers. Van die liedjies is nuut en vuurwarm, maar daar is ook 'n paar gunstelinge om jou oor elke bult te help.