Silwer

Silwer

Silwer is die vyfde album in twee jaar vir die 5-tallige Paarl liedjieboere. “Silwer is vir ons nogal ’n draaipunt in ons almal se lewens waar dinge in plek begin val het”, stemnota Danie Du Toit (Spoegwolf se sanger en liriek skrywer) wat bo-en-behalwe alles ook in 2021 verloof geraak het. “So met die musiek ook”. Dis moeilik om in te dink, maar met Silwer vermag Spoegwolf nog verdere kreatiewe prestasie. Dit is te verwagting dat ’n groep wat so gereeld nuwe materiaal vorendag bring se bron van inspirasie een of ander tyd uit geput sal raak, maar dit wil blyk of die manne ’n onsterflike muse het. Gevra oor die album se titel sê Danie: “Ek is altyd in my lewe opsoek na El Dorado, die legendariese stad van goud, maar ek het uit gevind silwer is goed genoeg. Hier en nou is goed genoeg. In die Stellenbosch se winter met silwer oral om ons het ek besef ons is alklaar daar.” Die titelsnit herinner aan ’n Spaghetti Western klankbaan en is waarskynlik hul mees volronde verwesenliking van uiteenlopende verwysings. Die liedjie ’Silwer’ het vermoedelik betrekking tot weerwolwe en hul veronderstelde swakheid. Die poëtiese weefwerk van liriek en musiek bly verstom. Die brug in "Silwer" is ’n meesterslag waar Hiram Koopman (Saxofoon-speler) ’n onverwagse jazz stuk jukstaposisioneer met die 50’s branderplank-kitaar klanke. Die album bevat ook ’n ongewone samewerking met volkslegende, David Kramer (Afrikaanse musikant en internasionale bekroonde dramaturg). David sluit aan by Spoegwolf vir ’n weergawe van sy "Lenie Lenie" wat ’n inspirasie was vir die groep se seminale "Lenie Blou". Silwer sien Spoegwolg vuur op alle silinders. Die groep gaan van hoogde tot hoogde en op hierdie stadium is dit die hoogste wat hulle nog ooit was.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada