See

See

Spoegwolf het in 2019 met hulle vorige album Koma begin om op Valentynsdag uit die bloute ’n album vry te stel en See” volg in daai tradisie. “Ons musiek is gereeld dramaties en donker. Dit het gevoel soos 'n goeie juxtaposition met die hele mainstream Valentine's ding. lets met 'n bietjie substance en rou emosie op 'n dag waar alles spookasem en plastiekrose is. See tel op waar Koma aflos. Waar Koma vol groot, apocalyptic events is wys See’ weer die aftermath van daardie woede. Dit word weerspieël in die omslag, waar ons die beeld het van 'n mossie wat die seetreinvenster verlaat om land te soek na die storm”, skryf Albert “Vuurwolf” van der Merwe, basgitaarspeler in die groep. Danie Du Toit, enigmatiese voorsanger van die groep, herinner aan ’n Angus Bucchan op LSD wat die stoomrollende klanke van ’n E-street band groot gemaak op Valiant Swart en Noam Chomsky surf tot die crescendo van ekstase op hierdie plaat. Die album maak geskiedenis deur om die nommer een posisie op beide Apple Music en iTunes te betree. Die eerste Afrikaanse entiteit om daai eer te bemag. “See het ook 'n handvol B-sides van vorige albums”, skryf Albert verder “wat nuwe lewe gekry het. Die hele Lenie Blou saga is 'n reeks kriptiese briewe aan die skuilnaam, wat vir iets tussen 'n fiktiewe muse en 'n proxy vir lost lovers staan. ‘Lenie Blou II’ is aanvanklik voor ‘Lenie Blou III’ geskryf, maar ons het dit op die rak gelos by Kaoma om verder daaraan te skaaf”. Die album spog ook met “Om Beter Te Voel”, ’n samewerking met Francois van Coke wat volg op die 2019 uitskiet treffer “Dagdrome In Suburbia”; die pynlik eerlike “As Ek F*cked Is” en “Seile” waar die kenmerkende saxofoon verleiding van Hiram Koopman te hore is. “Daar is vir ons elkeen 'n kleur, 'n simbool en 'n wolf naam. Danie is Reënwolf, Albert is Vuurwolf, Moskou is Aardwolf, Chris is Blitswolf en nou is Hiram die Windwolf.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada