Lei My Na Die Water

Lei My Na Die Water

Appel, in werklikheid Christoph Kotzé, skryf al jare lank liedjies vir kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Laurika Rauch en vele ander. Nou val die kollig op hom as kunstenaar. Lei My Na die Water is geskryf ná maande se persoonlike ervaring in ‘n hospitaal waar sy vrou hom bygestaan het en deur ‘n moeilke tyd gedra het. Appel sien homself as 'n storieverteller en die liedjies sal hartsnare roer. Hy neem jou op 'n akoestiese reis met musiek wat stroopsoet op die oor val. “Lemoene” saam Bok van Blerk is semi-stout en reeds ‘n treffer op Lei My Na die Water.