Brendan sing weer die knieë lam. Daar is vyftien snitte vol energie wat wissel van pop, country, dans en ballades. ‘n Volle uur van akoestiese musiek gekleur met elektro, kitaar, dromme, banjo, bekfluitjie en natuurlik Brendan. Jy gaan dans op “Hy Loop Oop”, “Net ‘n Bietjie” en “Vanaand Sê Ek Net Ja” en die ander snitte is rustiger, maar steeds vol woema. Een van die hoogtepunte is Brendan en Franja du Plessis se duet “In Silhouette Saam Met My”. Dit sal jou hart, kop en voete dadelik dansvloer toe vat. Die voetstamp album Hy Loop Oop pols met lekkerkry vir oud en jonk.
Other Versions
- 17 Songs
- Karlien Van Jaarsveld
- Franja Du Plessis
- Dewald Wasserfall
- Kurt Darren