Brendan Peyper Essentials

Brendan Peyper Essentials

Brendan het sy droom van net rugby speel geruil vir sy ander passie... musiek! Sy styl is uniek, akoesties en baie van sy liedjies skryf hy self. Hy lyk soos 'n wêreldklas model maar sy spiere bult hy in sy musiek. Dit tref die kol met ritmes en lirieke wat lê tussen country en pop. Sy groot deurbraak was met "Stop, Wag, Bly Nog 'n Bietjie" en sy liefde vir die Vrystaat hoor jy in "Beautiful in Bloemfontein". Die radiostasies was gek oor "Die Perfekte Een Vir My". Sy rock-talent slaan deur op die album 'Hy Loop Oop'. 'n Ander gunsteling is "Klim Jou Everest", en hy was Buddy in die SA verhoogstuk, waar sy veelsydigheid in die "Buddy Holly Medley" gehoor kan word. 

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada