Die Onbekende

Die Onbekende

"Dankie" is die een woord wat soos 'n koor gesê word toe Apple Music vir Rooksein vra wat is die eerste woord wat hier moet staan. Hulle dankbaarheid oor talent en geleenthede is duidelik merkbaar. Dian, Megan en Renier het op kampus in Potchefstroom saam begin musiek maak. Hulle naam Rooksein is geleen by een van Megan se digtersvriende. Die band se klank lê in hulle stemme en wat hulle met die kitaar kan doen verduidelik Renier. Hy sê die album "is nog net so halwe voorsmaak van wat voorlê". Bewonderaars "soek erg kuier musiek" en dis wat hulle op die album kry. Megan voeg by dat elke snit anders en uniek klink, en dit word doelbewus gedoen. Dian voeg by dat hulle nog steeds 'n eie klank kry met alles wat hulle aanpak en so groei hulle identiteit in die proses. Die album se naam som op al die nuwe dinge, nuwe fases, nuwe rigting en nuwe musiek waarmee Rooksein Die Onbekende aandurf. Renier sê die boodskap wat die album oordra is vanaf "break-up songs tot wees-net-beter en liefdes songs" en dis ook wat hulle hele musiek reis verteenwoordig. Die eerste 5 liedjies vertel van hoe 'n paartjie wel by mekaar uitgekom het en die laaste 6 oor hoe dit nie uitgewerk het nie. Die groot trom op die omslagfoto en hulle (Rooksein) wat klein daarop sit "is 'n goeie representation dat musiek groter as ons is.” “Kyk Na My Hart” Rooksein se Renier beskryf die liedjie aan Apple Music as " 'n song waar mens 'n step-back vat en net bietjie terug kyk na die hele liefdesverhaal, en wat dit eintlik aan mens doen. Baie keer is dinge toksies.  Dan moet mens maar aan jouself dink.” “Genade Nader” "Dit gaan oor 'n verhouding wat sukkel. Op die ou einde het dit miskien uitgewerk of nie. Maar die twee mense dink dat miskien moes hulle net meer genade met mekaar gehad het" verduidelik Megan en die raad wat hulle gee is dat "miskien moet ons almal net bietjie meer genade met mekaar hê in die lewe”. “Vertrou” Die liedjie het ontstaan toe een van die groepslede deur moeilike tye gegaan het met 'n break-up.  Dian het vir Apple Music gesê die een lyn in die lirieke slaan hom hard en som alles op: "Hoekom vra ek as ek klaar weet/Ek was net een om weer te vergeet.” “Woordelose Storie” Megan sê by elke Rooksein vertoning verduidelik hulle dat, "Mense sê te maklik ek is lief vir jou, veral ons wat nog jonk is, sonder om te weet wat dit beteken of wat lê agter dit alles. Die punt is dat liefde is 'n woordelose storie. Dit gaan oor jou aksies en jou dade en nie net wat jy sê vir die persoon nie.” “Damlelielief” Rookskerm skerts toe Apple Music vra oor die liedjie en gee vir Megan die mikrofoon om te antwoord, "Die doel van die liedjie is net, iemand is jou damlelielief, so die persoon wat daarna luister maak daarmee wat hulle wil. Dit kan jou meisie wees, jou kêrel, dit kan jou famile wees. Dis so half 'n troetelnaam.” “Kind Van Die Wind” "Die song gaan oor hierdie twee mense wat eintlik maar in verwondering is van, sal hulle ooit hulle persoon vind. Jy weet jou persoon is daar buite en kind van die wind sal ek jou ooit vind" en Renier sê dis eintlik die vraag of, "Het elke pot sy deksel?”. “10 Uit 10” DIt gaan oor Megan wat gevra is om te trou en sou voor die groot vraag gevra is, geskryf word, vertel Renier aan Apple Music, "Die song is eintlik Megan en Keegan (haar man) se liedjie en inspired deur hulle verhouding”. “Want Ek Mis Jou Hier” "Alleenaand, net hierdie gevoellens wat mens gebottel hou binne in jou", vertel Renier, en hy sê dis ook oor een van daai aande wat jy by die huis kom en sit en praat en dan net begin sing, "en maar net sing wat uitkom”. “Miskien” Almal lag saam en jy hoor "liefde" en "dis 'n sad song" en dan gaan Renier aan en sê "mens kan sien iemand in die band was deur 'n break-up. Dis in 'n plaashuis geskryf. Baie van die goed in die song is goed wat regtig gesê en gevoel is. Om deur 'n huis te loop... mens sien iemand in al die klein dingetjies. Miskien sou dit kon werk, miskien nie.” “Wees net Beter” (feat. Hiram Koopman) Megan sê hulle wou 'n African feel in die liedjie inbring wat 'n goeie vibe weergee en die boodskap uitdra van, "Kom ons almal wees net 'n bietjie beter, dan kan ons die lewe vir almal makliker maak.” “Rooksein” Renier kry die Apple Music mikrofoon om die een vir Rooksein te antwoord. "Hierdie is 'n anthem. Ons wou bietjie meer maak van die naam wat ons het.  Ons gaan van die perspektief van stuur vir my 'n rooksein. Jy kan my roep wanneer jy my nodig het en ek sal daar wees."

Other Versions

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada