Die Liefde Album

Die Liefde Album

Jan is weer in die kollig met Die Liefde Album. Die rebelseun is ouer en mens hoor die lesse van die lewe in sy lirieke. Dis rou, akoesties en die kitaar sny diep saam met die woorde; die stories is gevleg in blues, rock en Jan se unieke digkuns, maar als gaan oor die liefde. Soms maak liefde seer en ander kere gaan dit beter. Die Liefde Album is soos om 'n roman te lees en vertel die verhaal van 'n man wat weet wie hy nou is en wat vir hom belangrik is. Jan se toekennings deur die jare is 'n getuigskrif van sy talent en op die album het hy die sluise oopgemaak. Dis oorspronklik soos net Jan kan en ’n moet vir aanhangers, oud en nuut.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada