Boomhuis

Boomhuis

Elandré vat met sy nuwe album pad uit sy tuisdorp, Despatch, en mik sy kompas in die rigting van Kaapstad. Dis ‘n eerlike, uiteenlopende reisdagboek oor mense vir wie hy lief is, emosies en plekke wat sy pad gekruis het. Dis ook ‘n roete wat hom plesier gegee, maar ook oor klippe laat struikel het in sy pad na grootword met lesse oor hoe om op sy eie voete te staan. Stil sit en diep dink ná optredes, veral nadat hy vriende in ‘n ongeluk verloor het, was inspirasie vir baie van die liedjies. Elandré se wye musieksmaak word weerspieël in die verskeidenheid style - van pop, ballades, kletsrym en country - maar tog het hy in elke liedjie sy eie klank gevind. “Hierdie album is ‘n versameling oor die mense wat ‘n impak op my lewe gemaak het,” sê hy. “Vuur Op Die Water” “Ons sal ons vingers brand, teruggaan en weer ons vingers brand en ons koppe stamp. Maar jy kan nie wegkom nie, want die ‘excitement’, is beter as die res van die goed wat in jou lewe aangaan. Ek het ongelukkig al baie mense gesien wat nie goed vir mekaar is nie. Maar hulle is só passievol oor wie hulle is of wat hulle uit die lewe soek, dat hulle saam in ‘n situasie beland waar hulle nie moet wees nie. Op die einde van die dag brand hulle saam af. Hulle vuur brand hoog en jy kan dit van ‘n verte af sien en ‘n ‘great spectacle’” “Tussen Die Lakens” “Hierdie liedjie vier mense wat ek in ‘n lang tyd nie oor gepraat of oor gedink het nie. Om net stil te sit en te sê: ‘Wow, daai mense was great en daai tye was great’. Ek het vrede gemaak met wat ek oor die laaste paar jaar verloor het, want ek het baie opgegee om te doen wat ek vandag doen. Maar ek onthou jou en ek waardeer jou. Ek het vrede met jou, waar jy ook mag wees. Ek onthou jou nog. Kyk maar elke nou en dan op na die maan en wie weet, dalk kyk ek op daai selfde oomblik ook op na die maan.” “In Hierdie Ding” “Ek het baie verlief op Disco-musiek geraak die afgelope tyd. Dit het nogal deurgekom in my musiek ook. Hierdie song is wat ek sal noem disco, blues, fusion. Dit gaan daaroor om mense te kry wat saam met jou absoluut bos kan gaan en kan laat lag en jou slegte en goeie kant kan sien en jy kan net jouself wees. Where you are now is in a good place en jy geniet dit.” “Amazed” “Dit was die ultimate liefdesliedjie. Ek onthou toe ek ‘n kind was, het mense daarop gedans. Ek wil eendag voel soos die liedjie. Ek het my opname nou die dag vir die eerste keer vir my pa gespeel en toe die liedjie begin, kyk hy vir my en sê: ‘Dis my en Theresa se song’. Theresa is sy vrou. Sy was die persoon wat my gestuur het vir my eerste sangles. Sy het ‘n ongelooflike impak op my lewe gehad. So op ‘n manier is hierdie liedjie nou ‘n tribute aan my pa en Theresa. Ek het nie geweet dit is hulle liedjie nie. Nou sing ek dit by my shows en dan dink ek aan hulle.” “Boomhuis” “Die wêreld kan soms bietjie crazy raak en dit help as jy ‘n plek of mense het by wie jy kan stil raak. Ek was ‘n groot aanhanger van Die Melktert Kommissie, ‘n groep wat gewild was toe my broer in die hoërskool was. (Hy is ouer as ek.) Lucinda, die sangeres in die groep, het ‘n manier gehad van praat/sing. Sy kon dinge mooier sê as wat sy dit kon sing. Daai praat-manier het gevoel of dit meer eerlik is. Dit was die enigste manier hoe ek goed regtig kon sê soos ek dit wou sê. En my boomhuis is nou nie meer my boom nie, maar dit gaan altyd saam met my waar ek ook al gaan.” “If You Asked Me To” “Ek sien daagliks mense wat in massiewe karre ry en in die beste huise bly, maar hulle is oppad na nêrens. All dressed up and nowhere to go. Ek het groot geword met net genoeg. My ouers het regtig hard probeer. Die mense om my het daar gebly vir die regte redes en daai mense is nog steeds in my lewe en ek sal enigiets vir hulle doen.” “Eerlikwaar” “Die gesprekke wat my lewe verander het, was eerlike gesprekke. Mense het vir my gesê: Dit is hoe dit is. Dit is wat werk en dit is wat nie werk nie. Dis nie altyd ‘n maklike gesprek om te hoor nie, maar dis ‘n gesprek wat gehou moet word.” “Eilande, Woestyne” “Vir my is commitment seker die koelste ding ooit. Commitment is scary vir baie jongmense. Ek is maar net 23. Ek dink dit is ‘n groot voorreg om die sonnige tye en die swaar tye met iemand te kan deel. Despatch is ‘n klein dorpie by die kus. Toe ek my song die eerste keer hoor nadat ons met dit klaar was, het dit so bietjie gevoel of ek by die see is. Ek kon my venster afdraai en dink: So dié is nou country by die see. Dis maar wat die Oos-Kaap is: Laidback en old school.” “Teenage Queenie” “My ouma het as ‘n doorman by ‘n barn dance in Uitenhage gewerk. Dis daar waar my ma en pa mekaar ontmoet het. My ouma het altyd Pussycat in die huis geluister. Dit was haar ding. Die liedjie is om vir haar te sê: ‘Hey, Ouma, die een is vir jou’. Dit gaan ook aan die jeug van vandag, om ook maar net vir hulle te sê dat die dinge wat nou vir jou so groot voel, gaan dalk eendag vir jou bietjie trivial wees. Baie jongmense soek vryheid in musiek, maar dit verg ook baie harde werk en dis wat die song vir my gesê het.” “Softly” “Dis ‘n oorspronklike liedjie wat ek geskryf het. Ek dink mense verwag baie van jou deesdae. Jy word óf in ‘n boks gesit óf jy moet só wees of só wees. Ek is baie happy met wie ek is, en ek compete nie met ander mense nie. The grass is not always greener on the other side; die gras is soms groen net daar waar jy is. En as twee mense bymekaar is, kan hulle die beste uit mekaar kry.” “Woorde Uit Jou Mond” “As ek dink aan ‘n klein dorpie dink ek aan bougainvillea’s. Dit is oor daai jong liefde met woorde soos: ‘Jy drink sjampanje met ‘n handoek op jou kop’. Jy kon ook nie 'n woord inkry nie, want jy kon nie ophou luister na 'n stem nie óf na dit wat hulle te sê het nie. Dit word deel van my lewe. Ek luister as mense praat en ek probeer om dit alles in te neem.” “He’ll Have To Go” “My oupa het ‘n baie diep stem gehad en hy kon, en ek dink hy kan nog steeds, lekker sing. Maar hy sing nie meer nie. Hy het altyd gesing toe ek ‘n kind was en hy het my altyd vertel van sy teaterdae toe hy op hoërskool was en die paddaprins gespeel het. Jim Reeves was een van die mense wie se musiek hy sat geluister het. ‘He’ll have to go’ was een van die liedjies. Hy het dit altyd gesing. Ek sluit die album hiermee af om te wys waar dit alles begin het.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada