Elandré Essentials

Elandré Essentials

Elandré, die sanger en liedjieskrywer van die Oos-Kaap, maak sedert 2017 sy merk in die musiekbedryf met sy unieke bariton-stem. Hy is op sosiale media ontdek en teken kort daarna sy eerste platekontrak. Sy debuutalbum, Kleindorp-dromer, was ‘n reuse-sukses en het dadelik op die treffersparades geboer. Elandré sing van die lewe op die platteland, goeie dae en mense, maar in ‘n styl wat sy stem tot sy reg laat kom. Daar is bietjie country, maar ook elemente van pop en selfs ‘n tikkie disco. Sy tweede album, Boomhuis, word in 2019 vrygestel en hy werk ook saam met ander kunstenaars soos Brendan Peyper, Refentse, Andriëtte Norman en Christia Visser om sy veelsydigheid te bewys. Hierdie speellys is net nog ‘n teken van Elandré se talent, ‘n talent wat hopelik nog lank met ons gaan wees.