Francois van Coke Essentials

Francois van Coke Essentials

Francois van Coke, gebore Francois Badenhorst, het in die begin van sy loopbaan aandag as die hoofsanger van die groepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel getrek. Sy rock-dae is nog lank nie verby nie, maar hy het as mens en kunstenaar gegroei. Daarmee saam het sy musiek ook ‘n nuwe klank gekry en word sy eie lewe al meer in sy loopbaan as solo-kunstenaar weerspieël. Sy gehoor het saam met hom gegroei en met meer kalmte en minder lawaai praat die musiek vandag nog steeds met sy bewonderaars.