Demi Lee Moore Essentials

Demi Lee Moore Essentials

Demi Lee Moore se sangtalent kom van kleintyd af. Sy't die skoolverhoog aan die brand gesing en later haar werk as lugwaardin vir 'n musiekloopbaan verruil. Die plaasmeisie se liefde vir die son, swem, sing en skryf, slaan in haar liedjies deur. Haar toetrede tot die musiekwêreld het begin nadat Suid-Afrika op haar sjarme en veelsydigheid in die TV-reeks Die Kontrak verlief geraak het. Die liefde in haar lewe, Bartlo, is ook 'n musikant en het op van hierdie opnames saam gespeel. Maak reg om na 'n wêreld van rock, pret, ballades, treffers, country, duette, gunstelinge en liefdesmusiek weggevoer te word. Hierdie jong kunstenaar toor met wysies en woorde.