Wind

Wind

“Wind was vir my ’n oomblik van verandering. Everything was changing in my lewe en ook die wêreld, maar dan is daar ’n donkerder konneksie aan Wind wat ek nie nou kan noem nie. Dis ’n verwysing na ’n naam van iemand anders.” vertel Danie waaksaam oor ’n voicenote. Danie het met Somer (hul 2015 album) al begin om “mense te interview Wind vir as ek kortverhale probeer skryf en ek het ’n hele rekenaar vol duisende recordings wat ek maak van mense.” Dit is die oorsprong van die alomteenwoordige klankgrepe van gesprekke wat partykeer dien as tussenspel, maar op “Wind” dien as kontekstualisering in die vorm van ’n proloog en epiloog. “In lockdown [van die 2020 Koronavirus pandemie] het ons almal in getrek in ’n huis in wat ook ons recording studio was. So dit was cool. Ons het baie poker gespeel, baie gebraai en wyn gedrink en dit was awesome. En ons het baie record. Ons het ook ons eie streaming service begin ‘Die Rivier’ wat die pot aan die kook gehou het, so ons kon baie meer record as gewoonlik.” Die eerste enkelsnit van die album is “Swart Vere”. “Dit is actually ’n reference tot ’n scene wat ek gesien het in Howl’s Moving Castle [Hayao Miyazaki’s Studio Ghibli film]. Aan die einde het hy hierdie massive swart vere op ’n stadium en hierdie meisie gaan in dit in en ek het dit gebruik as ’n beeld vir iemand wat in my lewe in kom op dieselfde manier.” Gedruk vir ’n gunsteling liedjie sê Danie: “‘Uitsoek’. Dis ’n fun song. Dis vir my die enigste song op Wind wat nie ironies-positief is nie. Soos ek genoem het is Wind ’n verwysing na ’n baie donker ding wat ek nie kan noem nie.” Die intrige vermenigvuldig verseker met elke vrystelling.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada