Lente

Lente

Lente is groot. Lente is deurdink. Dis Spoegwolf op sy beste. Dis ekonomies. Dis enkelgesind. Dis die klank van groot word. Groot-groot word. Danie Reënwolf (hoofsanger) se Pa-word lig die hele projek in: “Die songs gaan oor die lewe nou dat ek 'n kind het - en dat die wêreld meer oor hom as oor my gaan!” Vignette van eenvoudige mense in buitengewone omstandighede speel teen die agtergrond van ‘n magiese Paarlberg af. Dis ‘n tapesterie. Op die eerste enkelsnit, "Cloetesville", is ons in die land van Mark Knopfler (Dire Straits) tot Chris Von Wielligh (Guitar) die distortion pedal trap--Dan is ons in die sweeterige gehoor en Danie skeer sy hemp oop. Albert Vuurwolf (bas-speler) bederf ons met ‘n melodieuse kletsrym vers op "Son (Die Groter Plan)"; Moskou (tromspeler) se besluite is oorweeg en impakvol; en op "Tiramisu" is ‘n voicenote van Danie se pa se tiramisu resep. Dit is altyd ‘n familie gedoente met Spoegwolf, maar dit voel nou meer dringend en tasbaar. Lente is ‘n definiërende oomblik vir Spoegwolf. Dít is hoe Spoegwolf klink.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada