Skepe

Skepe

5 jaar gelede het 'n nuwe stem die wêreld van musiek in SA op sy kop gedraai. Skepe was Jo Black se debuut album. Hy onthou die dae en het aan Apple Music gesê: "Die album lê so na aan my hart. Al my stories het liedjies geword, en dis 35 jaar se stories vasgevang in 13 liedjies." Gou het die een treffer na die ander volksbesit geword. Die titelsnit "Skepe" het op radiostasies weergalm en Jo se diep stem het die trane laat rol en met harte gepraat. Vir eens was daar 'n stem wat in Afrikaans kon sing oor diep sake en Jo was nie skaam oor sy oortuigings en geloof nie. Jy kon dit hoor in elke liedjie! "Bring Die Hoop Weer Terug" en ""Een Klein Klippie" was ook kolskote by Jo se nuwe aanhangers. Vandag staan die album bankvas in die geskiedenis as een van die groot suksesse in musiek en Jo erken dat die album sy lewe verander het: " Van waar ek was tot waar ek is, is als te danke aan Skepe.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada