Loufi Flippen Loufi

Loufi Flippen Loufi

“Ek is al tien jaar in die industrie. Die music doen nou wat hy moet doen”, vertel Loufi vir ons oor ’n voicenote oppad om te vlieg iewers heen. “Maar die hustle is real en dis consistent”. Loufi het kultus status bereik met sy uitkloptreffer “Wit Skoene” en vandaar sy loopbaan gebou om in 2023 ’n huishoudelike naam te wees. Loufi verduidelik verder “Die hustle is nou om jou posisie te vind. Hierdie album is by mekaar gesit om my diversity te wys. Dis ’n all-rounder van my af”. Toe Biggy (Afrikaanse EDM sensasie) die 2021 liedjie, “Funky (feat. Jack Parow, Loufi & beatsbyhand)”, vir Loufi stuur moes Loufi sy eie stem vind tussen die grotes. Dis daar waar hy op gekom het met Loufi – Flippen Loufi. “Dis ek, bra. Dis net Loufi. Flippen Loufi. I’m moving into my space and my genre of doing music.” Oor die album sê hy: “Die songs is baie diverse. Dis something for everybody. Iemand gaan ten minste een song like. Ek hoop mense voel good feelings. Ek hoop die mense verstaan. Mense moet saam met my op die journey gaan waar ek in different genres beweeg. Ek is ’n white kid wat rap. Ek wil die mark vat en ek wil vir hulle sê dis okay as die kids rap. Like – Dis ’n different time, dis okay! Music is music.” “Lekker Vibes” [Loufi & Francois Van Coke] “Die is ‘n moewiese eer vir my dat Francois Van Coke feature op die track. Die song is so musical en Francois add so next level vibe. Almal is altyd so negatief, maar as mense in my absence praat moet hulle dieselfde stuff sê to my face. ‘As jy my naam noem, mention lekker vibes’. Dis ‘n baie personal song. Dis my behind-the-scenes. Dis my storie van waar ek was en hoe ek wil wees.” “OH La La” [Loufi & Jack Parow] “Dis mad, dis dope. Hier is waar ek die sokkie-sokkie vibe vat en ek twist dit. Ek wys ons kan ook ons ground staan in daardie mark. Ek is excited om te sien hoe dit receive gaan word. Dit het baie meaning vir my. ‘Ons lewe net vir môre en ons worry nie oor nou’. The unexpected can happen tomorrow and that’s ’n good thing!” “Stap Soldaat” “Dis ’n ou kerk liedjie wat ek nuwe dimension wou gee. Ons het ’n baie spiritual background en ek dink each to his own, maar daai was ’n song op skool wat my uit die moeilikheid gehou het. Ek wou almal se childhood wakker maak.” “Get The Bakkie” “Die song is offspring van ‘Baas Vannie Plaas’ [verskyn op 2021 se Gan Sê Jou Mense’]. Die ou dink nogsteeds hy is die baas van die plaas. Hy doen nogsteeds net wat hy wil. En die keer vat hy die bakkie en spring die huis en gaan na ’n jol toe waar hy in die moeilikheid kom. Die bass is vet op díe ding!” “Af My Plaas” [Loufi, Sho Madjozi & Meneer Cee] “Dis ’n song van ’n kid wat net hierdie chick pursue, maar haar Pa is ’n plaasboer wat niks wil weet van hierdie stadsjapies af nie. Dis ’n amapiano song. We broadening the horizons en ons bring drie verskillende wêrelde saam. Super cool song, dis so eer om saam met my bra Meneer Cee [Afrikaanse amapiano en rap kunstenaar] en superstar Sho Madjozi [Tsonga liedjieskrywer en kunstenaar] saam te werk.” “Moola” [Loufi & Jayms] “Jayms [vervaardiger] is ge-feature as ’n DJ, want hy het die song ge-structure en dit het net gewerk! Ek het net in ge-flow op sy works. Beautiful melodies, beautiful basslines en dit is such a diverse [dance] song. Weet nie lekker hoe om te explain nie, ek weet net hy’s lekker!” “Bank Rob” [Loufi & Jayms] “Weer saam met Jaymz wat die production gevat het. Dit gaan oor twee homies wat moeg is vir hulle financial situation. Hulle gaan ’n bank rob en hulle eie way kyk.” “Liegbek” [Loufi & Henru] “Die song gaan oor ’n homie wat proclaim hy kan nie die waarheid praat nie. Als wat hy sê is fictional. Dit het ’n vet bassline! Dis ’n tipe van ’n love song, maar in ons styl.” “Dies ’n Vibe” [Loufi, Biggy& Jayms] “Groot PE reference op die ene! Ons is van die baai. Where ons is, bring ons daai fire. ‘Ons bring sexy van die baai’” “Freaky Bra” [Loufi & Van Pletzen] “Dis ’n baie freaky song. Baie wolwe wat huil en apies wat geraas maak en stuff soos daai. Ek is baie excited vir die ene! Ek wil nie te veel weggee van hom nie.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada