

Wat is 'n braai dan sonder goeie vleis en boereliedjies? Dis wat jy kry op JAN JAN JAN se heel eerste volle album Al Die Ysters. "Lekkerkry" is jou voorland met Liezel Pieters wat saam sing op "Spyskaart" en als laat vlam vat. Die eerste enkelsnit "Al Jou Ysters" was genoeg bewys dat braai, musiek en dans 'n resep vir sukses is. Die band is 'n vars oorspronklike wind wat waai, akoesties en vuurwarm! Snitte soos "Wys Jou Vleis", "Ek Bly Boer" en "Gooi Mielies" asook 'n hele klomp Afrikaanse liedjies maak die nuwe vesameling presies wat die fans voor gewag het. Gooi jou ankers, kuier, eet pannekoek en melktert vir ontbyt en wees lief vir jou boereliedjies.