

As Snotkop daar is, sál daar ‘n partytjie wees. Sy liedjies val maklik op die oor, die ritmes kook, die lirieke is skerp en aan sy kenmerkende kleredrag sal jy sien dat Snotkop altyd vir ‘n plesierige tyd sorg. Van die liedjies is tong in die kies, ander spot fyn en meeste wil jou laat dans. Sy bewonderaars sing graag saam op treffers soos “Loslap”, “Vrydagaand” en “Groot Gat Meisies” en as jou tekkies reg is vir aksie, is hierdie die musiek om te speel.