Robbie Wessels Essentials

Robbie Wessels Essentials

Oorspronklik, 'n grapgat, 'n diep kant wat altyd daar is. Dis net 'n paar van die woorde wat Robbie Wessels die mens én kunstenaar kan beskryf. Danksy groot treffers soos “Leeuloop”, “Asseblief, My Lief” en “Mphe Di Hoenor” is Robbie nie net 'n gunsteling by feeste en konserte nie, hy boer ook op die Top 20's van radiostasies. Robbie is ook 'n gerekende TV-, verhoog- en filmakteur en sy stem is te hoor in radiodramas. Maak jou bolla los, skop jou skoene uit en geniet die musiek van Robbie Wessels.