Riaan Benadé Essentials

Riaan Benadé Essentials

Riaan is 'n plaasseun van Modimolle wat musiek studeer het. Die boerseun met die rasperstem se eerste duet saam met Demi Lee Moore, "There Was Jesus", het sosiale netwerke laat gons. Maar sy loopbaan het in alle erns begin toe hy per toeval aan Arnold Coleske van Coleske Artists voorgestel is. Sy talente is opgeraap as liedjieskrywer en sanger. Sy debuutalbum Spontaan se "Gooi Nog 'n Whiskey" is orals gespeel. Sy ander opnames saam met Demi Lee Moore "Seven Spanish Angels" en "Kan Nie Sonder Jou Nie" gee mens hoendervleis. As veelsydige sanger neem hy ook op saam met Jay, Ricus Nel en Touch Of Class met groot sukses. Die speellys is 'n kort oorsig van hoe wyd sy sang- en skryftalent lê en ons sien uit na wat die toekoms nog gaan oplewer.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada