

Wanneer hy in sy fluweelstem die skoonheid van Afrikaans omvorm, gee dit mens hoendervleis en sy vertolkings van ou gunstelinge laat jou dadelik tuis voel. Hierdie jong man het amper oornag sy plek in die musiekbedryf losgesing en het dadelik groot waardering van ieder en elk gekry. Van sy eerste album, My hart bly in 'n taal, tot sy latere werk - alles wat van hom kom, is gewild. Sy eie skryftalent ken ook geen perke nie. Hy vertel diep stories in liedjies wat maak dat jy net nóg wil hoor. Met hierdie speellys loop luisteraars die pad van Refentse se nederige begin tot die suksesverhaal wat hy vandag is en met elke liedjie besef jy waarom hy as een van die groot talente in Afrikaans gesien word. Een ding is seker: Refentse mag maar.