Laurika Rauch Essentials

Laurika Rauch Essentials

Laurika Rauch is in Kaapstad gebore. Ná skool het sy in Stellenbosch studeer, later klas gegee, skool gehou, was kelnerin, aktrise en in 1979 word sy 'n huishoudelike naam met haar eerste treffer "Kinders van die wind". Met 25 albums later en vertonings in Praag, Londen, België, Nederland, Frankfurt, Nieu-Seeland en Australië, het sy ook 'n rits musiektoekennings deur die jare gewen. Haar man, Christopher Torr, het baie van haar bekendste treffers geskryf. Hierdie speellys is 'n kort reis deur 'n merkwaardige musiekloopbaan van een van Afrikaans se grootste stemme. Met hierdie treffers trap jy in voetspore van onthou en gaan op 'n nostalgiese reis van die laat 70's tot nou.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada