Koos Kombuis Essentials

Koos Kombuis Essentials

Koos Kombuis het begin aandag trek as een van die lede van die Voëlvry-beweging in die 1980's. As ‘n doring in die vlees van die regering, was Koos die stem van alternatiewe musiek wat met woorde teen sosiale onderdrukking geveg het. Hy het gehelp om Afrikaans se oogklappe af te ryk en met rou lirieke is ou wond oopgekrap en die waarheid ontbloot. Die speellys weerspieël deur die siel van ‘n kunstenaar die lang pad van die vryheidstryd tot waar ons vandag staan.