Karlien van Jaarsveld Essentials
Apple Music


Karlien van Jaarsveld het haar musiekloopbaan begin met haar eie rockgroep Revolution, maar teen 2010 oorrompel sy die mark as solo-kunstenaar. Haar talent as liedjieskrywer en musikant het verseker dat sy nie net kon rock nie, maar ook sielvolle ballades en sterk poptreffers met haar bewonderaars kon deel. Met haar unieke stem het sy die vermoë om die emosie in elke liedjie oor te bring. Sy sing hoofsaaklik in Afrikaans, maar haar inspirasie kom van oraloor, van Amerika tot Afrika, wat tot 'n fassinerende eindproduk lei.