Juanita du Plessis Essentials

Juanita du Plessis Essentials

Dit was reeds van die begin duidelik dat die sangeres en liedjieskrywer Juanita du Plessis ‘n besondere talent het. Haar debuut-album in 1998, Juanita, het drie CMA-toekennings in haar geboorteland Namibië gewen en met haar eerste groot treffer, “Ska-rumba”, het sy harte daar en in Suid-Afrika verower en het sy vinnig die platinum-prinses van Afrikaanse musiek geword. Sy het deur die jare ‘n groot gunsteling by feeste, konserte en op radiostasies geword en is een van die suksesvolste Afrikaanse kunstenaars van alle tye. Kliek op die speelknoppie en ontdek hierdie uitsonderlike kunstenaar.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada