Mens sou dit nie sê nie, maar Janie Bay se wortels lê in die punk-toneel van 00’s Kaapstad. Nou welbekend vir haar dansvloer treffers het sy begin as sagsprekende akoestiese troubairitz in die donker, rokerige kroeë van Die Moederstad. Janie Bay se vrymoedigheid om saam te werk het haar die geleentheid gebied om saam met eksepsionele kunstenaars eksepsionele enkelsnitte te maak. “Ek Glo Nog In Jou” saam met Danie Reënwolf is sekerlik die mees verwesenlike voorbeeld van haar liefde vir minimalistiese musiek verwerking. Janie Bay is veelsydig en positief en haar kenmerkende fluweel stem is gemaklik op beide die kampus dansvloere en by huis kuiers reg oor die land. Janie het aanvanklik engels gesing en stelselmatig haar tone in die afrikaanse oseaan gedoop. Met Prisma (2021 Album) duik sy kop eerste en stel haar eerste vollengte Afrikaanse album vry. Op haar debut album, Miscellany sny sy nog haar tande vir afrikaans, maar die dans-pop is al opmerkend. Aanhangers van Janie Bay waardeer haar bedagsame hantering van teer sake en eerlike uitbeelding van liefde deur ’n vroulike oogpunt. Daar is krag in deernis en Janie is innig en kwesbaar in ’n era van oorbodigheid en grootmakery. Sy weet wat sy wil hê. Met ’n gefokusde karakter, uitsonderlike werk etiek en deursettingsvermoë is Janie Bay ’n magtige voorbeeld vir toekomstige vroulike kunstenaars.