

Met sy hopeloos-te-groot-kep verklaar Jack Parow in 2010 sy koningkryk en bestyg die troon toe sy eerste treffer "Cooler As Ekke" sy mededingers sand in die oë skop. Sy voorbarige lirieke draai Hip-Hop op sy kop en gee Afrikaans 'n nuwe dimensie met opvolgtreffers soos "Hosh Tokolosh", "Die Vraagstuk", "I Miss" en "Afrikaans Is Dood". Die versameling is 'n reis deur Zef met styl deur 'n briljante kunstenaar.