

Irene-Louise is 'n bondel energie wat jou tref met haar talent en ritme. Sing loop in haar bloed en kom van haar ouers af. Die nooi van Pretoria is 'n Ma en dinamiese besigheidsvrou met 'n hart vir musiek. Van SA se groot name deel graag die verhoog met haar en bewonderaars weet, as sy begin sing is dit soos 'n stokkie dinamiet wat ontplof met die aansteeklike saam-dans wat volg. Die versameling bevat hoogtepunte van SJAMPANJE, EP's, Enkelsnitte en sluit in haar grootste treffer 'Tekkies Brand'. En als is nie net pop nie, Irene-Louise weet hoe om jou om haar pinkie te draai met die ballades.