

Ons almal het ankers nodig om stewig in onstuimige waters te staan. Hierdie speellys het van ons beste kunstenaars wat hoop, liefde en inspirasie deur hulle musiek gee. Bemoedigende musiek maak die siel rustig en neem jou hand om dit wat voorlê aan te pak. Elke snit het ’n boodskap wat jou laat besef jy is nie alleen in ’n onderstebo wêreld nie. Soms kan dit dalk voel of jy alleen op ‘n eiland gelos is, maar hierdie liedjies gaan jou geselskap hou en moed inpraat tot jy weer op ’n goedvoel-plek is. Dis jou ligpunt en kompas om die toekoms in te gaan; helende musiek as inspirasie vir vandag en môre en elke dag daarna.