Elvis Blue Essentials

Elvis Blue Essentials

Elvis is ’n liedjieskrywer en sanger wat met sy eie styl en klank leiding in die musiekbedryf in Suid-Afrika begin neem het. Sy talent is erken met ’n rits toekennings, maar hy maak steeds in sy besige loopbaan tyd vir liefdadigheisprojekte wat wys waar sy hart lê. Hierdie liefde vir sy medemens slaan in sy lirieke deur. Nie net het hy begrip vir die lewe nie, hy het respek en deernis wat tasbaar in elke snit is. Elvis Blue is meesterlik wanneer hy oor mense, sy land en ervarings sing. Die eerlikheid van sy stories paai jou siel en jy voel deel van sy groot hart. Hierdie speellys is ’n reis van hoop en kreatiwiteit met ’n begaafde kunstenaar as toerleier.

Featured Artist