Dewald Wasserfall Essentials

Dewald Wasserfall Essentials

Dewald Wassefall is een van die voorlopers in moderne Afrikaanse musiek. Hy is in Empangeni, KZN, gebore, maar het later na Johannesburg verhuis om 'n musiekloopbaan te volg. In 2006 trek hy en sy groep Wasserfall aandag met 'n paar treffers, maar dit was in 2010 toe hy as solo-kunstenaar begin optree het, dat hy werklik die merk met sy sterk Afrikaanse lirieke vol emosie en oorspronklikheid getref het. 'n Opwindende stem in Afrikaans.