Charlize Berg Essentials
Apple Music


Charlize Berg tree al vandat sy 12 jaar oud is op. In 2010 word haar musiekloopbaan 'n werklikheid toe Select Musiek haar 'n kontrak aanbied en duette met groot name soos Kurt Darren en Heinz Winckler volg. Haar debuutalbum word in 2011 opgeneem en ry dadelik die suksesgolf van trefferparades. Die ritmiese liedjies en treffende lirieke vind groot byval by jonk en oud. Met 'n blink toekoms wat wag is dit tyd om die talent van Charlize Berg eerstehands te ervaar.