

Anriëtte was naaswenner van die 2007 Idols-reeks (Kaapstad se Jody Williams het die kroon gedra) en haar sprankelende persoonlikheid en veelsydige talent verseker dat sy nog heeltyd in die kollig is. Haar eerste album "Diamant" gaan goud en sy stap weg met 'n Vonk-toekenning vir beste kontemporêre damestem. "Sewe Oseane" is een van haar mees versoekte liedjies deur haar magdom aanhangers. Van die bedryf se groot geeste het al saam met haar gewerk, mense soos Rudi Claase, Vaughan Gardiner, Chris Chameleon, Hunter Kennedy en Steve Hofmeyr. Ervaar nou haar ongelooflike stem op hierdie speellys.