The Sound of Fokof Unplugged (Live)

The Sound of Fokof Unplugged (Live)

“Die akoestiese set was basically altyd ek wat net oorgeskakel het bokskitaar toe”, sê Hunter Kennedy. “Maar hierdie keer speel almal akoestiese instrumente.” Dit is ’n eerste vir die vyf lawwe latte van Bellville. In 2005 laas het Fokofpolisiekar ’n akoestiese album uit gebring en laas jaar het hulle vir die eerste keer ’n live album uit gereik. Fokofpolisiekar is bekend vir hul bloed-belope, sweet-druppende optredes. Die rustiger unplugged klank is nie noodwendig iets waarmee mense hierdie groep sal vereenselwig nie, maar baie van hul aanhangers se gunsteling nommers kry ’n nuwe baadjie op hierdie unieke vrystelling. Luisteraars kan uitsien na live, stripped down weergawes van versteekte edelstene soos “Paranoia” en “Bel Vir Middelvinger” tot alombekende, alternatiewe volksliedere soos “Dagdronk’ en ‘Komma”. Tasché (wenner van The Voice SA) sing saam op “Ek Skyn (Heilig)” en as jy in die gehoor was daai dag sal jy seer sekerlik jouself raak hoor op hierdie kenmerkende en intieme album.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada