Swaartekrag

Swaartekrag

“My hele lewe lank het ek gevoel dat die wêreld besig is om te move in ’n rigting wat ek nie kon gaan nie”, sê Danie du Toit, hoofsanger en liedjieskrywer vir Spoegwolf, oor die oorsprong van die album titel. “Almal was besig om op te styg op autopilot en ek was besig om vas te sit in die grond. Ek het gevoel asof ek nie die ability gehad het om te float nie. Baie mense het vir ons gesê dit gani werk nie. Dat daar nie ’n mark is hiervoor nie. Ons het besluit ons gaan teen dit fight.” Danie, Chris, Moskou en Albert was om en by 18 jaar oud in 2012 toe hulle onafhanklik Swaartekrag vry stel. “Carel Hoffmann van Oppikoppi het vir ons geld geleën en hulle was deel van die span. Ons het by Chris se pa en my en Moskou se pa elkeen vierduisend rand geleën”, vertel Danie. Dit kom tot ’n spaarsamige somtotaal van sestienduisend rand wat hulle toe gebruik om by die legendariese Sunset Recording Studios op te neem in die bekwame hande van opname-ingenieur, Jürgen Von Wechmar. “Ons sien Jürgen as ’n band-member.” Elke album sedertdien is deur groepslid, guitar en klavier speler, Chris Von Wielligh vervaardig en by Jürgen opgeneem. Swaartekrag bevat van Spoegwolf se mees populêrste liedjies waarvan “Lenie Blou” seker die grootste is, maar “ons wou aanvanklik dit nie eens op die album sit nie. Die song het op die album in ge-sneak en toe word hy een van ons grootste songs ooit. Ek is baie dankbaar vir die song. ‘Loerie’ het ek geskryf op my matriek vakansie. Dit is ’n song wat ek geskryf het toe ek saam met my beste vriend in Nature’s Valley gesit het. Ons het bier gedrink en daar was mense en voëltjies rondom ons en dit was net ’n mooi oomblik. ‘Kogelbaai’ is die eerste plek waarnatoe ek gery het toe ek die vryheid van ’n motor kry. Ek het gery met my klein blou Kia wat ek by my Oupa gekry het. Hy het dit by die kerk gekry. Hy is ’n dominee. Ons gebruik die Kia nou nog in ons videos.” Danie het self sy skuilnaam, Reënwolf, gekies. Die “donker storie” agter die naam is egter nie “regtig daarbuite nie. ‘Spoegwolf’ was eers my blog se naam wat ek gedoen het tot en met my eerste jaar.” Spoegwolf is bekend vir hulle emosie-wekkende lirieke en ekstatiese optredes en dit het alles by Swaartekrag begin.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada