Jong Grotes

Jong Grotes

“2019 was so cool vir my. Ek kom nie van ’n ryk background af nie, so toe ons begin toer het en in hotelkamers wakker word en die mense is so nice het ons begin voel soos laanies”, erken Biggy nederig oor die eerste enkelsnit vir Jong Grotes, “Lewe soos ’n Laanie (feat. G-Boy)”. Biggy het groot sukses behaal met 2019 se verpletter-treffer, "Dames". Díe cross-over club-banger het die dansvloere behoorlik aan die gons gehad. Die sukses van daai album het hom reg oor die land gevat waar hy die verhoog gedeel het met industrie swaargewigte. “Daar is so baie mense saam met wie ek wou gewerk het en dit het nou ’n realiteit geraak.” Hierdie 16-snit album spog met ’n indrukwekkende lys samewerkende-kunstenaars. “Peanut Butter (feat. Early B & beatsbyhand)” is die hoof enkelsnit, maar ander om uit te check is “Haat Jou (feat. Loufi)”, “Bly (feat. Bouwer Bosch)”, “Playa (feat. YoungstaCPT & beatsbyhand)” en “Funky (feat. Jack Parow, Loufi & beatsbyhand)”.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada