Funky-Kaans

Funky-Kaans

Met Early B se tweede album beweeg hierdie Afrikaanse rapper van die Dal af uit die club uit en in die pop-arena in. As hip-hop kunstenaar en bydraer tot die skrywe van Afrikaan se kletsrymgeskiedenis het Early B gemik om die “bar bietjie te raise”. Dit is ’n hip-hop album met ’n pop feel.” Anders as vorige vrystellings het Early B met Funky-Kaans insae op elke stap van die vervaardigingsproses gehad. “Ek het gepraat van BPM even hierdie keer. Ek het gepraat van watse melodie gaan werk, hoe ek gaan harmonise, watse emosies ek gaan oordra in die songs. Back in the day was dit vir my net ’n kwessie van ‘die beat klink kwaai kom ek rap op dit. Ek voel ek het gegroei as ’n muso.” Een van die opvallendste kenmerke van hierdie album is dat Early B baie meer sing as op vorige vrystellings. “Dis basically ’n compilation van al my styles en influences. Wat ek vir die ouens gesê het toe ek in gegaan het is: Ek sal like om almal wie ek na geluister het, sekere aspekte wat ek ge-like het, te relay, maar my eie twist daar op te sit.” Moves Is Bad “Dis die perfekte opener coming from Aangename Kennis (Early B se 2018 debuutalbum) wat baie stories op gehad het. Ek het maar gedink ek sal dit continue net om te wys ek kan nog steeds jou in’n setting sit en I’ll dress that whole scene for you. Basically toe ek ’n youngster was, was die main reël as jy nie ’n kar het nie: Maak seker jy word laaste ge-gedrop. As jy ge-drop word voor jou meisie, gaan jou girl ge-snatch word. Vervaardigers Vogan en Mantra se elektriese guitar se energy is so welcoming en ek het dadelik gelag toe ek dit hoor, want ek het geweet ek gaan ’n lekker storie kan vertel. Die sang was risky vir my en dis hoekom ek hom eerste wou sit.” Forward “Hierdie is ’n awareness song. Met my vorige album het ek die positiewe tracks te laat present op die tracklist en ek het gedink ek gaan dit vroeër in bring hierdie keer. Ek touch op teenage pregnancy en wearing protection en using your contraceptives. Dis ’n straight forward, catchy liedjie met ’n boodskap. Ek sê nie ek gaan almal se minds change nie, maar ek gan probeer contribute tot daai change.” Moet Vat “Dié is my song vir wanneer die DJ oorgaan van ’n club feel na ’n hip-hop track toe. Moet vat is ’n spreekwoord in PE. Jy moet respek vat uit die ding uit. Dis basically vir my om vir die rappers te sê: I can still do what I do and used to do in the cypher-sessions en coming up as a mixtape rapper. Ek was in ’n groep Mixtape Kings en ek sê dit actually op die song. ‘Salute PE, dis die Mixtape King hie/Beast from the east ‘bout to do it so big hie’.” Sak Sara “The biggest feature on the album is Jack Parow. Ek sal hom elke keer approach. Jack Parow was die eerste ou wat my op ’n mainstream album gesit het en ek sal altyd dankbaar wees vir dit. Ek het ’n song vir elke body part. Die’s die booty shake song. Dis produced deur Beatstar en spog met ’n lekker danserige ’90s-inspired bassline.” Forever Or Never (feat. Anny) “Dis jou typical R&B/hip-hop samewerking waar die rapper saam met ’n sangeres op tree. Die song feature ’n up-and-coming artist, Anny. Dis ’n vibe van: Ek is met jou vir ewig of nooit nie. Dis touching on my relationship met my girlfriend. Dis ’n love song. Somehow, I don’t know why, I feel some Lauryn Hill happening in it.” Slaai Krap “Almal in Suid-Afrika weet dit seker, maar dis slang vir iemand wat in jou besigheid rond krap, veral as jy in ’n relationship is. So hy volg op Forever or Never. Dis nou net somebody trying to steal your girl from you. ’n Ou wat jy ken wat wil hê wat jy het. Dit het ’n heavy funk feel. Ek het gedink Anderson Paak, die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer, met lekker vinnige rap, but having the melody in there as well. Die hook is geïnspireer deur die funk-tema van die album.” Sê Net (feat. Bliksemstraal) “Dit volg op die vorige twee songs om ’n tipe triptiek te vorm. Ons begin by die true love en dan kom die slaai gekrappery en dan wanneer jy nou agter kom daar is iets tussen haar en die ou dan sal jy vir haar sê: As jy my nie wil hê nie, moet jy net sê. Hierdie song was vir my om die bar te lig om as hip-hop artist my voet in die dancehall side te sit. Die track feature Bliksemstraal. Op hierdie ene klink ek soos ’n vier-silinder kar en Bliksemstraal soos ’n V8!” Loco (feat. Miss Understood) “Hy gaan oor GBV [gender-based violence], maar oor ’n aspek waaroor daar nie baie gepraat word nie. Ouens word ook abuse en mense kyk verby dit. Jy is ’n ou, jy kan dit vat. Ek het gedink ek moet lig skyn op dit en vir daai ou in daai situasie sê hy kan uitpraat. Die saxophone is ’n groot feature van die track. Hy word gespeel deur August van die Kaap. Ek maak gebruik van dialogue-rap op die ene en Miss Understood doen ’n great job.” 2 Blessed 2 be Stressed (feat. Christine Bam) “My feel-good-dankie-Jesus song. Dit gaan oor hoe ek opgegroei het en rond gespeel het op die straat, maar ook going to The Boys Brigade. En dankie vir my ouers wat my na sulke instansies toe gevat het. Ek het kollekte opgeneem in die kerk. Ek was ’n church boy too. It’s okay to go to the church and do music. You can do both. Hierdie ene feature Christine Bam’s choir wat so mooi sing op die bridge.” Niemand Soos Jy Nie “’n Positive song waar ek praat met onse ladies. Dit gaan oor die reality wat ek sien op Facebook en Instagram. Die goed wat ons youngsters doen om net likes te kry. ‘Jy’s heeldag voor die screen/Ek wetie wanneer sien jy die light nie’. Ek probeer sê: Know your worth. Daar is so bietjie van ’n Keith Sweat, Amerikaanse sanger en liedjieskrywer, feel. Ek kyk foto’s met my ma, nè? So nou hoe gaan die ladies die foto’s saam hulle kinders een dag kyk?” Oooh Jinne “Something that was a hell of a risk for me, but something that I really love. My suster-hulle het altyd die movie gekyk oor Ritchie Valens, die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer. En ek het altyd ge-watch hoe my suster-hulle vir Ritchie gekyk het. En ek wou nog altyd so song gehad het. Dis iets funky compared toe hoe ek gewoonlik ’n love song maak.” Side Piece “Dis nou jou beneficial maatjie. Dis ’n me and you. Undercover. Under the covers vibe. Dit het net ’n lekker bouncy, bump jou kop feel en ek like die steel drums.” Hearties (feat. Tertuis Cuyler) “Respect my game. Respect my hustle. Moenie praat van my as ek dood is nie. Praat van my nou. ‘Hearties’ is ’n collab met Tertuis Cuyler. Dis soos ’n sê-ding: Hearties. Shame, jy kannit nie maak nie. Dit wys my confidence as ’n rapper. I do me better than you, bru. Daar is ’n lekker vet 808 bass in die verse. Hierso bring ek bietjie new school hip-hop in. Ek sê net vir die rappers: I still have all that goeters.” Blomme “Gee my my blomme, man! Ek is al oor die 10 jaar in die rap game. Coming up as an underground hip-hop artist het ons die bluetooth-ding gedoen. Ek stuur my song na my vriend toe, en hy stuur dit aan na sy vriend toe wat in ’n ander skool is en so het ons die ding gedoen toe ons nie op die radio kon wees nie. When it comes to rap moet jy partykeer bietjie wys jy kan jou ding doen.” Isie Nca Nie “Based on a true story. Ek sê vir jou met die song hoe rof dit is in Bloemendal. Ons is geroof reg voor my vriend se huis. Jy kan jou lewe verloor in die Dal vir aardse dinge. Hip-hop is like going to the zoo. This is me as a rapper telling you how dangerous an animal is without you having to come into contact with the animal.” Baainaar (feat. King B) “Wrapping up this whole funk feel. Die is ’n track featuring King B. Ook ’n artist van PE. Dis laid-back. Dis hoe ons in PE is en dis ons experiences. Ons het ’n different type of culture. We go to the club, but we chill outside the club first. King B rap oor sy Pina Pine homemade alkohol. Dis ’n ode to PE. That’s where all my stories come from. Ek is dankbaar vir my roots. Dit som die album mooi op. Ek sal nooit my plek vergeet nie.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada