

Die langpet-kletsrymer saal weer sy perd op en vat die pad met sy mees gewaagde album tot op datum. Heilige koeie word geslag: van Trump tot Zuma, brandewyn tot braai. Jack Parow saam met Early B trap tone blou op “Boepens Vark” en “Kak Soek” en Brakpan se tannies brom soos dronk torre wanneer HHP, Koos Kombuis, komediant Schalk Bezuidenhout en Twakkie help om die pap aan te dik. Afrika is nie vir sissies nie, maar Jack Parow wys hoe met Afrika 4 Beginners.