Insomnia

Insomnia

As jy sukkel om te slaap is hierdie die oplossing om jou wakker tyd ekstra goed te gebruik. Brendan maak op sy EP Insomnia sy hart heeltemal oop met lirieke vol gevoel en stories wat hy uit eie ondervinding deel. Jy sal nie teleurgesteld wees nie want die boerseun weet hoe om musiek te maak. Sy styl, klank, sjarme en stempel is goed afgedruk in die 7 nuwe snitte. Die groot verrassing is die ballade 'Meisie Soos Jy" wat jou heeltemal meevoer, en mens voel die emosie wat Brendan deel wanneer jy die sagter kant van die rocker sien. Wees reg om 'n traan te pik tussen die akoestiese verwerkings en nuwe saamkuier liedjies.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada