Pure Plaas

Pure Plaas

Splinternuwe liedjies en ‘n skeut nostalgie is die wen-kombinasie wat die musiekmeester Ricus Nel met sy nuwe album, Pure Plaas, opdis. Daar is twaalf snitte met country, rock en boeremusiek in Afrikaans en Engels. Wikkel jou voete op die dansritmes of pik ‘n traan en streel die hartsnare op die sielvolle liedjies, maar wees verseker dat jy dit oor en oor gaan luister. Ricus gee sy eie weergawe van ‘n paar gunstelinge en vertel storie-liedjies soos net hy kan. Gaskunstenaars Snotkop en Klipwerf Boereorkes gee die album ekstra byt soos krakerige koeksusters uit ‘n plaaskombuis. Pure Plaas is pure musikale-gasvryheid vir ieder en elk.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada