HERVERBEEL

HERVERBEEL

Die Heuwels Fantasties verskuif nie net die grense van Afrikaanse musiek nie, hulle ruk sommer die heinings en pale uit op hulle pad vorentoe. Met Herverbeel, die groep sewende album, kyk hulle met nuwe oë na hoogtepunte van hulle vorige albums. Dit sluit akoestiese opnames en nuwe samewerkings met kunstenaars soos Tresor, Tarryn Lamb, Laudo Liebenberg, Loki Rothman, Margot Rothman, Die Krefies en Ampie in. Die album is as’t ware 'n suksesvolle spanbou tussen die Heuwels en van hulle gunsteling-kunstenaars en –regisseurs. Van die liedjies wat 'n nuwe baadjie gekry het sluit “Shangri-La” met Tresor, Margot Rothman se “Mejuffrou Sonneblom” en “Ons moet leef” van Ampie en die regisseur Murray Lubbe in. 'n Nuwe liedjie uit Pierre Greeff se pen, “Hardloop weg”, beloof om 'n treffer te wees. Luister met oop ore en hoor hoe hierdie groep talentvolle kunstenaars die musiekspektrum kleur met 'n pallet wat jou verbeelding gaan herprogrammeer. 

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada